Friday, October 30, 2015

#ROSACon2015: Carolyn Meads on 'Wat uitgewers in Liefdesverhale begeer'

Once again thanks to Elsa Winckler for this report back on #ROSACon2015. The guest speaker, Carolyn Meads is an editor at NB Uitgewers, responsible for their Afrikaans romance lines. She spoke about what publishers look for in romances.


Wat uitgewers begeer:

Carolyn Meads, Uitgewer: Queillerie (drukkersnaam van NB Uitgewers)

Carolyn het in haar hoedanigheid as uitgewer gesels oor wat uitgewers verlang wanneer dit by die liefdesverhaal kom.

Plot/Verhaallyn:

  • Die kernverhaal = ontwikkeling van verhouding tussen held en heldin. Storie van verlief en lief word.
  • Die leser weet wie die held is en dat hy en die heldin uiteindelik saam sal opeindig, maar die lekkerte lê in hóé hulle die struikelblokke gaan oorkom.
  • ’n Goeie liefdesverhaalplot bevat niks wat irrelevant is nie. Alles dra by tot die opbou van spanning tussen die held en heldin.
  • Geen streng resep by NB-Liefdesverhale, maar sekere kern-gebeure:
◦ Ontmoeting (vroeg reeds)
◦ Struikelblokke (opbou van spanning)
◦ Klimaks
◦ Gelukkige einde
  • Spanning = opbou van begeerte en konflik


Plot/Verhaallyn: Begeerte:

  • Leser wil saam met heldin op die held verlief raak. Lees agter emosionele belewenis aan. Bly geboei want wag vir uiteindelike vervulling.
  • Selfs sexy boeke nie net oor fisieke begeerte nie. Eerstens emosionele vervulling. Wanneer hulle besef dat hulle lief is vir mekaar en dit vir mekaar sê.
  • Opbou verloop min of meer só:
◦ Ontmoet en is aangetrokke tot mekaar – al ontken hulle dit◦ Verliefdheid groei (verhouding vorder fisiek en emosioneel)
◦ Een, uiteindelik albei, besef hulle is lief vir die ander, maar sê dit nie (baie belangrike oomblik!)
◦ Liefdesverklaring geskied na aan einde (as dit vroeër gebeur is daar geen spanning nie)

Plot / Verhaallyn: konflik

  • Pasop vir te veel eksterne konflik. Opeenstapeling van gebeure.
  • As jy dít doen is daar nie genoeg ruimte om die hoofkarakter se gedagtes en emosies te verken nie.
  • Interne, emosionele konflik is belangrik: Vloei uit verskillende geaardhede en oortuigings, hoe jy grootgemaak is, agergrond en ervarings. Lyk eers onoorkombaar.
  • Baklei oënskynlik oor uiterlike kwessies, maar innerlike konflik lê daaragter. Wys gedagtes.
  • Diepte en kompleksiteit aan konflik, nie eenvoudige misverstande soos in ouer verhale nie.
  • Elke keer as ’n struikelblok oorkom is, ontstaan ’n meer intense een. Moenie te maklik oplos nie.


Karakters:

  • Plot groei uit geloofwaardige, volronde, gemotiveerde karakters.
  • Emosionele band vorm, verstaan karakters se motivering. Realistiese emosionele reaksies.
  • Die skrywer moet die karakters deur en deur ken. Maar nie alles vind neerslag in die verhaal nie. Net wat relevant is.
  • Verklap inligting oor karakters bietjies-bietjies op subtiele wyse deur verloop van verhaal. (Gedagtes, stukkies dialoog, kwalifiserende teks.)
  • Nie een groot blok beskrywing aan die begin nie. Pasop vir telling in plaas van showing en infodumps.
  • Hoofkarakters is geïdealiseerd, maar geloofwaardig binne die konteks van die verhaal. Nie karikatuur, emosioneel kompleks.
  • Moenie die leser oorweldig met te veel karakters nie.
  • Elke karakter daar vir ’n spesifieke doel, nie oorvleueling.
  • Newekarakters moet ook volronde karakters wees maar nie die verhaal oorheers nie. ’n Tweede paartjie moenie ewe veel aandag kry nie.
  • Karakters moet deurlopend volgens hul aard optree. As hulle verander, moet dit gemotiveerd wees.
  • Karakters moet met verloop van die boek groei. Held en heldin leer hoe om haakplekke tussen hulle uit te stryk sodat hulle gelukkig saam kan wees.

Carolyn het ook in detail beskryf hoe lyk die hedendaagse held en heldin.


Perspektief:

  • Alomteenwoordige verteller: staan ekstern tot die aksie, ontaard in “telling” en headhopping. Vertellerstem verbreek die illusie.
  • Subjektiewe derdepersoonsperspektief (“Deep POV”) kom so na as moontlik aan die fokaliseerder / perspektiefkarakter, alles word haar bewussyn filtreer. Leser beleef als deur haar.
  • “Sy” word gebruik, maar impliseer ’n “ek”.
  • Bewerkstellig ’n hegter band tussen leser en karakter.
  • Tradisioneel net die heldin se perspektief, maar ons laat ook die held s’n toe.
  • Nie meer as twee perspektiewe per boek nie. Een perspektief per toneel.


Dialoog:

  • Moet soos natuurlike gesels klink. Nie info dumps, heeltyd op naam aanspreek.
  • Maar moet ook doelgerig wees – die storie voortstu.
  • Doellose, niksseggende (en vervelige!) dialoog is nie welkom nie, al praat ons in werklikheid so.
  • Karakters moet na mekaar luister en reageer op wat die vorige een gesê het. Nie verby mekaar praat nie.
  • Elke karakter met sy / haar eie stem hê. Ouer mense, mense in hul 20’s, tieners en kinders praat anders.
  • Moet eerder nie fonetiese spelling van dialek gebruik nie. Gebruik sinskonstruksie om aan te dui.


Dialoog – kwalifiserende teks:

  • Kwalifiserende teks / Tussen-dialoog teks: stukkies teks tussen dialoog wat ietsie meer oor die gesprek sê.
  • Hoef nie heeltyd te vermeld wie praat nie, solank dit duidelik uit die dialoog blyk.
  • Moenie voor die hand liggende woorde gebruik nie.
◦ “Hou op om jou broer te terg!” sê sy kwaai.
  • Pas op vir te veel bywoorde en byvoeglike naamwoorde
  • Gebruik kwalifiserende teks om meer oor die karakter, sy/haar gedagtes of die ruimte of die plot te verklap.
  • Vermy te veel herhaling.
  • Wees oorspronklik, maar moenie te hard probeer nie.


Tydsverloop en tempo:

  • Hou liefs by chronologiese tydsverloop. Terugflitse is nie wenslik nie.
  • Belangrike, bepalende momente in verhaalhede moet voor die leser afspeel. Moenie die karakter net daaraan laat terugdink nie.
  • Agtergrondinligting moet nie in groot homp aan begin vertel word nie. Verklap relevante inligting stuk-stuk.
  • Redelike vinnige tempo in liefdesverhale. Maar moenie afjaag nie. (God is in the details.) Neem tyd om sekere gebeure te wys, moenie in telling ontaard.
  • Moenie heeltyd dieselfde tempo handhaaf nie (hetsy vining of stadig) want dan word dit vervelig. Vinniger dele moet afgewissel word met meer uitgesponne dele


Ruimte:

  • Oriënteer leser, maar nie ellelange beskrywings nie.
  • Gee hier en daar subtiel iets van die ruimte weer. Wys hoe die karakters in interaksie met die ruimtes tree.
  • Beskryf net wat nodig is.
  • Ruimte is funksioneel in liefdesverhaal, byvoorbeeld karakteriserend, skep atmosfeer.


Styl:

  • Wys, moenie vertel nie. (Showing vs telling)
  • Vermy clichés, byvoorbeeld “stormagtige oë”.
  • Maar moet ook nie so vernuwend probeer klink dat dit ongemaklik lees nie. Daar is ’n verskil tussen ’n cliché en ’n idiomatiese uitdrukking wat goed werk.
  • Pas op vir komplekse, uitgerekte beelde en metafore.
  • Moenie soveel aandag na jou ongewone taal- en beeldgebruik trek dat die leser uit die verhaal geruk word om te probeer sin maak daarvan nie.
  • Pas op vir te veel byvoeglike naamwoorde en soetsappighede.
  • Gebruik wel gelaaide woorde as jy iets meer wil sê.


Versorging:

  • Goeie taalversorging van ’n manuskrip skep onmiddellik ’n goeie indruk.
  • Belê in ’n goeie speltoetser (maar moenie net daarop staatmaak nie).
  • Kry ’n goeie woordeboek, byvoorbeeld Pharos Online www.pharosonline.co.za
  • Bekyk die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
  • Skryf Afrikaans van A tot Z
  • Redigeer- / proefleeskursus? www.nbakademie.co.za
  • Anglisismes en sleng net toelaatbaar in dialoog en direkte gedagtemonoloog (indien dit by karakter pas).
  • Ons is nie so streng oor ’n vloekwoordjie hier en daar nie, mits dit gemotiveerd is.
  • Elke uitgewery het spesifieke tegniese vereistes vir voorleggings.
  • NB-liefdesverhale se vereistes: www.liefdesverhale.co.za


Carolyn het afgesluit deur na die hele proses te verwys vandat ’n manuskrip aanvaar work vir publikasie totdat dit op die rakke verskyn.

Sy beveel die volgende bronne aan vir voornemende skrywers:

  • Die Afrikaanse Skryfgids, saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn
  • Writing a Romance Novel for Dummies deur Leslie Wainger


Vir meer inligting oor NB-uitgewers se liefdesverhale, besoek hulle webtuiste: www.liefdesverhale.co.za, sluit aan by hulle Facebook-blad, https://www.facebook.com/NBLiefdesverhale of stuur ’n e-pos aan Carolyn by carolyn.meads@nb.co.za



No comments:

Post a Comment