Showing posts with label NB Uitgewers. Show all posts
Showing posts with label NB Uitgewers. Show all posts

Wednesday, August 26, 2020

ROSACon2020 - Annual Conference of Romance Writers Organisation of South Africa

2020 has been the year of the parties that weren't. Weddings canceled. Theatre shows. Dream trips. Family reunions. 

But there's one show that is going on, and it will, as usual, bring all the feels: the love, the excitement, the joy, the camaraderie, all the good stuff you know you need right now. 

Of course the party I'm talking about is The Romance Writers Organisation of South Africa's annual conference.  And you don't even have to but a plane ticket or book a hotel room. 

Because #ROSACon2020 is a virtual event, and it's open to all levels of writers.  

Wait, wait. Don't log off. We know you've done a huge amount of virtual things in 2020.  We know you might have digital fatigue. So, we have prepared a programme for #ROSACon2020 that has such an intriguing array of speakers, topics and events, it will only leave you inspired and empowered. The conference will flow from local speaker to international, from workshop to presentation, from pitch to writing sprint with space in between to relax, or fetch a coffee or network, depending on your mood. 

Are you a beginner writer?  Have you started your first manuscript ever? Or are you a fledgling? Do you have a manuscript that is ready to fly the nest? Are you already down the road, manuscripts out and about, but the road has a few potholes? Are you a seasoned writer, with contracts and bestsellers? 

Each conference day includes a writing sprint or a writing exercise to keep out reason for being in focus. But, this time, you won't be alone at your desk. Find the full program HERE



Kickstarting the conference on a high note is international guest speaker, Julia Quinn, the bestselling author of the Bridgerton historical romance novels, which is coming soon as a Netflix series. We are so excited to hear what Julia has to say in the Keynote Address on Day One.

Are you writing YA? Or a high concept novel? Then make sure it's not your turn to cook dinner on 20 October 2020 because those two genres are on the programme between 17h30 and 19h30 at #ROSACon2020.

Interested in pitching your manuscript? There are six opportunities over the course of #ROSACon2020 to pitch to editors and publishers. (You need to pre-book for these.)

What about marketing? Is that your nemesis? Then Day Two is for you. In one of the presentations, Skye Warren, bestselling author and marketing maven, will share cost effective marketing strategies that work.

Stephen King said, 'To write is human but to edit is divine.'  Editor Joanne Grant will tell you more about editing, what editors expect from authors and what authors can expect from their editors. 

How about writing romance in South Africa? Do you set your books here? Do you write Afrikaans?  If you said yes to either of those, then please join us early on Day Three to hear a number of guest speakers, including Izak de Vries, who will share data about current local book sales and marketing trends.

Indie Authors, Day Four is for you, from Cover Design to Self Publishing tips. Don't miss it. 

On Saturday, we have the wonderful experienced local writer, Elsa Winckler, sharing her wisdom at the start of the day. Later on we have a talk by New York Times Best Selling author, Shirley Jump, on scenes and sequels, and then the inimitable fountain of knowledge, Jane Friedman, will talk about the thing that plagues most writers: self doubt. 

On Saturday evening all the writers who entered the 2020 Imbali and Strelitzia Contest will be on the edge of their seats at the Awards Ceremony, when the winners will be announced. Have your bubbly ready to celebrate all our published and unpublished authors at the event. 

Sunday will include a session about writing the male point of view, and #ROSACon2020 will close with an inspiring talk by bestselling author and Entangled Managing Editor, Candace Havens. She will help us to keep on dreaming big. 

Please join us. Even if you don't write romance. Yes. You. The person in the back writing Cozy Mysteries. Or Fantasy. Or Crime. Whatever you write. There is so much to learn about the craft of writing at #ROSACon2020.

But you know what the best part is? Love is not just a genre. You will find it in this tribe. A tribe who will support you, cheer for you, push you, advise you and most of all, be kind to you, throughout your journey as a writer. 

Wouldn't you agree, in the year 2020, that this is what all of us need?




Friday, October 30, 2015

#ROSACon2015: Carolyn Meads on 'Wat uitgewers in Liefdesverhale begeer'

Once again thanks to Elsa Winckler for this report back on #ROSACon2015. The guest speaker, Carolyn Meads is an editor at NB Uitgewers, responsible for their Afrikaans romance lines. She spoke about what publishers look for in romances.


Wat uitgewers begeer:

Carolyn Meads, Uitgewer: Queillerie (drukkersnaam van NB Uitgewers)

Carolyn het in haar hoedanigheid as uitgewer gesels oor wat uitgewers verlang wanneer dit by die liefdesverhaal kom.

Plot/Verhaallyn:

  • Die kernverhaal = ontwikkeling van verhouding tussen held en heldin. Storie van verlief en lief word.
  • Die leser weet wie die held is en dat hy en die heldin uiteindelik saam sal opeindig, maar die lekkerte lê in hóé hulle die struikelblokke gaan oorkom.
  • ’n Goeie liefdesverhaalplot bevat niks wat irrelevant is nie. Alles dra by tot die opbou van spanning tussen die held en heldin.
  • Geen streng resep by NB-Liefdesverhale, maar sekere kern-gebeure:
◦ Ontmoeting (vroeg reeds)
◦ Struikelblokke (opbou van spanning)
◦ Klimaks
◦ Gelukkige einde
  • Spanning = opbou van begeerte en konflik


Plot/Verhaallyn: Begeerte:

  • Leser wil saam met heldin op die held verlief raak. Lees agter emosionele belewenis aan. Bly geboei want wag vir uiteindelike vervulling.
  • Selfs sexy boeke nie net oor fisieke begeerte nie. Eerstens emosionele vervulling. Wanneer hulle besef dat hulle lief is vir mekaar en dit vir mekaar sê.
  • Opbou verloop min of meer só:
◦ Ontmoet en is aangetrokke tot mekaar – al ontken hulle dit◦ Verliefdheid groei (verhouding vorder fisiek en emosioneel)
◦ Een, uiteindelik albei, besef hulle is lief vir die ander, maar sê dit nie (baie belangrike oomblik!)
◦ Liefdesverklaring geskied na aan einde (as dit vroeër gebeur is daar geen spanning nie)

Plot / Verhaallyn: konflik

  • Pasop vir te veel eksterne konflik. Opeenstapeling van gebeure.
  • As jy dít doen is daar nie genoeg ruimte om die hoofkarakter se gedagtes en emosies te verken nie.
  • Interne, emosionele konflik is belangrik: Vloei uit verskillende geaardhede en oortuigings, hoe jy grootgemaak is, agergrond en ervarings. Lyk eers onoorkombaar.
  • Baklei oënskynlik oor uiterlike kwessies, maar innerlike konflik lê daaragter. Wys gedagtes.
  • Diepte en kompleksiteit aan konflik, nie eenvoudige misverstande soos in ouer verhale nie.
  • Elke keer as ’n struikelblok oorkom is, ontstaan ’n meer intense een. Moenie te maklik oplos nie.


Karakters:

  • Plot groei uit geloofwaardige, volronde, gemotiveerde karakters.
  • Emosionele band vorm, verstaan karakters se motivering. Realistiese emosionele reaksies.
  • Die skrywer moet die karakters deur en deur ken. Maar nie alles vind neerslag in die verhaal nie. Net wat relevant is.
  • Verklap inligting oor karakters bietjies-bietjies op subtiele wyse deur verloop van verhaal. (Gedagtes, stukkies dialoog, kwalifiserende teks.)
  • Nie een groot blok beskrywing aan die begin nie. Pasop vir telling in plaas van showing en infodumps.
  • Hoofkarakters is geïdealiseerd, maar geloofwaardig binne die konteks van die verhaal. Nie karikatuur, emosioneel kompleks.
  • Moenie die leser oorweldig met te veel karakters nie.
  • Elke karakter daar vir ’n spesifieke doel, nie oorvleueling.
  • Newekarakters moet ook volronde karakters wees maar nie die verhaal oorheers nie. ’n Tweede paartjie moenie ewe veel aandag kry nie.
  • Karakters moet deurlopend volgens hul aard optree. As hulle verander, moet dit gemotiveerd wees.
  • Karakters moet met verloop van die boek groei. Held en heldin leer hoe om haakplekke tussen hulle uit te stryk sodat hulle gelukkig saam kan wees.

Carolyn het ook in detail beskryf hoe lyk die hedendaagse held en heldin.


Perspektief:

  • Alomteenwoordige verteller: staan ekstern tot die aksie, ontaard in “telling” en headhopping. Vertellerstem verbreek die illusie.
  • Subjektiewe derdepersoonsperspektief (“Deep POV”) kom so na as moontlik aan die fokaliseerder / perspektiefkarakter, alles word haar bewussyn filtreer. Leser beleef als deur haar.
  • “Sy” word gebruik, maar impliseer ’n “ek”.
  • Bewerkstellig ’n hegter band tussen leser en karakter.
  • Tradisioneel net die heldin se perspektief, maar ons laat ook die held s’n toe.
  • Nie meer as twee perspektiewe per boek nie. Een perspektief per toneel.


Dialoog:

  • Moet soos natuurlike gesels klink. Nie info dumps, heeltyd op naam aanspreek.
  • Maar moet ook doelgerig wees – die storie voortstu.
  • Doellose, niksseggende (en vervelige!) dialoog is nie welkom nie, al praat ons in werklikheid so.
  • Karakters moet na mekaar luister en reageer op wat die vorige een gesê het. Nie verby mekaar praat nie.
  • Elke karakter met sy / haar eie stem hê. Ouer mense, mense in hul 20’s, tieners en kinders praat anders.
  • Moet eerder nie fonetiese spelling van dialek gebruik nie. Gebruik sinskonstruksie om aan te dui.


Dialoog – kwalifiserende teks:

  • Kwalifiserende teks / Tussen-dialoog teks: stukkies teks tussen dialoog wat ietsie meer oor die gesprek sê.
  • Hoef nie heeltyd te vermeld wie praat nie, solank dit duidelik uit die dialoog blyk.
  • Moenie voor die hand liggende woorde gebruik nie.
◦ “Hou op om jou broer te terg!” sê sy kwaai.
  • Pas op vir te veel bywoorde en byvoeglike naamwoorde
  • Gebruik kwalifiserende teks om meer oor die karakter, sy/haar gedagtes of die ruimte of die plot te verklap.
  • Vermy te veel herhaling.
  • Wees oorspronklik, maar moenie te hard probeer nie.


Tydsverloop en tempo:

  • Hou liefs by chronologiese tydsverloop. Terugflitse is nie wenslik nie.
  • Belangrike, bepalende momente in verhaalhede moet voor die leser afspeel. Moenie die karakter net daaraan laat terugdink nie.
  • Agtergrondinligting moet nie in groot homp aan begin vertel word nie. Verklap relevante inligting stuk-stuk.
  • Redelike vinnige tempo in liefdesverhale. Maar moenie afjaag nie. (God is in the details.) Neem tyd om sekere gebeure te wys, moenie in telling ontaard.
  • Moenie heeltyd dieselfde tempo handhaaf nie (hetsy vining of stadig) want dan word dit vervelig. Vinniger dele moet afgewissel word met meer uitgesponne dele


Ruimte:

  • Oriënteer leser, maar nie ellelange beskrywings nie.
  • Gee hier en daar subtiel iets van die ruimte weer. Wys hoe die karakters in interaksie met die ruimtes tree.
  • Beskryf net wat nodig is.
  • Ruimte is funksioneel in liefdesverhaal, byvoorbeeld karakteriserend, skep atmosfeer.


Styl:

  • Wys, moenie vertel nie. (Showing vs telling)
  • Vermy clichés, byvoorbeeld “stormagtige oë”.
  • Maar moet ook nie so vernuwend probeer klink dat dit ongemaklik lees nie. Daar is ’n verskil tussen ’n cliché en ’n idiomatiese uitdrukking wat goed werk.
  • Pas op vir komplekse, uitgerekte beelde en metafore.
  • Moenie soveel aandag na jou ongewone taal- en beeldgebruik trek dat die leser uit die verhaal geruk word om te probeer sin maak daarvan nie.
  • Pas op vir te veel byvoeglike naamwoorde en soetsappighede.
  • Gebruik wel gelaaide woorde as jy iets meer wil sê.


Versorging:

  • Goeie taalversorging van ’n manuskrip skep onmiddellik ’n goeie indruk.
  • Belê in ’n goeie speltoetser (maar moenie net daarop staatmaak nie).
  • Kry ’n goeie woordeboek, byvoorbeeld Pharos Online www.pharosonline.co.za
  • Bekyk die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
  • Skryf Afrikaans van A tot Z
  • Redigeer- / proefleeskursus? www.nbakademie.co.za
  • Anglisismes en sleng net toelaatbaar in dialoog en direkte gedagtemonoloog (indien dit by karakter pas).
  • Ons is nie so streng oor ’n vloekwoordjie hier en daar nie, mits dit gemotiveerd is.
  • Elke uitgewery het spesifieke tegniese vereistes vir voorleggings.
  • NB-liefdesverhale se vereistes: www.liefdesverhale.co.za


Carolyn het afgesluit deur na die hele proses te verwys vandat ’n manuskrip aanvaar work vir publikasie totdat dit op die rakke verskyn.

Sy beveel die volgende bronne aan vir voornemende skrywers:

  • Die Afrikaanse Skryfgids, saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn
  • Writing a Romance Novel for Dummies deur Leslie Wainger


Vir meer inligting oor NB-uitgewers se liefdesverhale, besoek hulle webtuiste: www.liefdesverhale.co.za, sluit aan by hulle Facebook-blad, https://www.facebook.com/NBLiefdesverhale of stuur ’n e-pos aan Carolyn by carolyn.meads@nb.co.za