Friday, October 31, 2014

Conference Report: Hester Carstens' talk

Since I haven't yet received all the report backs on Joss Wood's presentation on Harlequin, I'm jumping on to the next talk in the #ROSACon2014 Schedule: the talk by Hester Carstens, publisher from Queillerie.

Hester was an engaging speaker who covered a huge amount of important editorial advice in one hour. Here is Elsa Winckler's report on the talk.

Picture courtesy of Elsa Winckler


Rosa-konferensie - 25 Oktober 2014
Hester Carstens 

Hester het begin deur vir ons ’n oorsig te gee oor Tafelberg se se liefdesverhaal-reekse en afsetpunte:

Queillerie → Tafelberg, Hartklop (Vir romantiese harte, die regte medisyne), Melodie (Vir jonk, vir oud, vir altyd), Satyn (Want die hart het ook begeertes), Jasmyn (meestal omnibusse, bv Ena Murray).

Vervolgens het sy gewys op dinge waarna voornemende skrywers behoort op te let alvorens ’n manuskrip ingestuur word vir oorweging:

  1. Hou jou eerste poging eenvoudig en fokus op die liefdesverhaal tussen die held en heldin.
  2. Die storie begin reeds op die eerste bladsy, moenie bladsye spandeer aan bykomende feite wat nie betrekking het op die ontwikkeling van die romanse nie. 
  3. Let op jou fokalisasie. In die liefdesverhaal word die storie hoofsaaklik in die derdepersoon vertel vanuit die heldin se perspektief, soms ook deur die held s’n. Oppas vir ‘headhopping’.
  4. Vermy onnatuurlike troetelname.
  5. Vermy sogenaamde ‘wrokwoorde’ – woorde wat al te veel gebruik is en dus nie meer dieselfde impak het nie, byvoorbeeld: skor, wrokkig, minsaam, mymer, haal/trek skouers op/flussies.
  6. Vermy heks-heldinne – onthou, die leser wil deur die heldin lewe. Sy moet dus iemand wees met wie die leser kan assosieër, sy moet kan voel soos ’n vriendin. Die held moet iemand wees op wie die leser saam met die heldin kan verlief raak. Hy kan dalk aan die begin buffelagtig optree, maar iets behoort deur te straal wat die leser aanraak.
  7. Wees bedag op slotverrassing wat nie gemotiveerd is nie.
  8. Let op ongeloofwaardighede – byvoorbeeld, jou heldin het nog nooit van Twitter gehoor nie, sy gee nie om dat die held haar ‘pop’ noem nie, ’n kind wat soos ’n grootmens praat, ens.
  9. Kontunuïteitsblapse – op een bladsy praat jy van die heldin se kort hare en ’n paar bladsye later, waai haar hare oor haar gesig.
  10. Let op die dialoog – wie sê wat? Dis nie nodig om heeltyd sy sê, hy sê te gebruik nie, maar maak seker die leser weet wie aan die woord is veral waar die dialoog lank is en oor meer as een bladsy strek. Vermy woorde soos ‘mymer’ of ‘wyfel’ – jou dialoog self moet aan die leser die spreker se gevoel oordra.
  11. Let op onnadenkende woordkeuses, elke woord moet met ’n rede daar wees, byvoorbeeld in ’n sin soos ‘Sy knik haar kop instemmend’ is ‘knik’ en ‘instemmend’ onnodige woorde. 
  12. Oppas vir die sogenaamde ‘info-dump’. Wees subtiel wanneer jy inligting wat die leser nie weet nie, oordra.
  13. Oppas vir aksente.

Next up: look for the Conference Report on the talk given by author Joss Woods on Harlequin Mills & Boon.


No comments:

Post a Comment