Friday, October 16, 2015

#ROSACon2015: Madri Victor on 'Hoe lyk die allerdaagse held?'

Thank you Elsa Winckler for this report on Madri Victor's presentation at #ROSACon2015.


ROSA konferensie: Hoe lyk die hedendaagse held: macho- of metroman?

Madri se vraag is, hoekom skep ’n skrywer ’n spesifieke tipe held? Gaan ons terug na die beeld van ons eerste liefde? Die neef/akteur/celeb op wie ons verlief geraak het, die macho-man wat duidelik in beheer van sake is en grense verskuif? Of is dit die metroman wat na jou luister en jou as sy eweknie beskou? Hoe lyk die hedendaagse held? Die een waarop lesers verlief raak?

Sy verwys na twee uiteenlopende bronne wat sy geraadpleeg het vir antwoorde: ʼn artikel deur “matchmaker” Carly Spindel en die twee sielkundiges (een klinies en een evolusionêr) Cindy Meston en David Buss se boek, Why Women Have Sex. Romanses gaan uiteindelik oor seks en die oploop na die oomblik. Self as is die romanse spierwit rein en skoon, weet die leser wat gebeur wanneer die karakters toegelaat word om verder te leef nadat jy die boek neersit. Meston en Buss het onderhoude gevoer met ʼn 1000 vroue van regoor die wêreld en in die proses 237 verskillende redes ge-identifiseer waarom vrouens seks het. Met hierdie navorsing kan hulle ook verduidelik wat dit is wat ons vroue aantreklik vind en hoekom dit so is:

Die lysie:
Grootte, oftewel lengte, maak saak
Atleties, fiks en reg vir aksie
Die reuk van verleiding
Die diep, sexy stem
Daar is iets in die manier waarop hy dans
Meer as ʼn mooi gesig

Slotsom:
So wat beteken al hierdie dinge vir die skrywer van romanses? Daardie stereotipiese held met die breë skouers, dun heupe, atletiese bou, sterk gesig wat so lekker na muskus ruik, is nie verniet ʼn stereotipe nie. Daardie held is in ons DNA, ons sal altyd hunker na hom. Maar vandag maak ons ander keuses, so in ʼn fiktiewe wêreld, die een wat ons as skrywers skep, kan ons “bad boy”, wat in realiteit jou dalk gaan verneuk, al die persoonlikheidseienskappe hê van die minder macho man. Ons breëbors man, sal dus integriteit hê. Ons sal op hom kan staatmaak. Hy sal leiding neem sonder om te oordonder. Meer as alles: hy sal ook weerloosheid kan wys. Omdat hy intelligent en selfversekerd is, omdat hy weet wie hy is en jou as sy gelyke sien. Omdat hy jou vertrou. En daar is bitter min dinge wat ʼn vrou se knieë presies so lam maak soos ʼn macho man wat ook weerloos kan wees.

Madri kom tot die slotsom, die hedendaagse held in romanses, is ʼn kombinasie van macho en metro – jy het albei, die wetenskap en die sielkunde, die fisiese en die persoonlikheid, nodig om jou leser te oorrompel.


No comments:

Post a Comment